Stef Cupido

Stef Cupido woon op Wellington en is die ma van ’n 12-jarige dogter. Sy is mal oor diere en musiek. “Ek is eerstens ’n skrywer, dan ’n digter. Ek skets ook graag bome en die natuur, maar ek beskou myself as ’n amateur.”

Sy fokus tans op haikoeverse, kortverhale en die digkuns. “Ek het in 2018, toe ek besluit het om voltyds te skryf, verlief geraak op die haikoe. Ek het toe Falling poems gestig, ’n kollektief wat digkuns in al sy vorme bekendstel. Die projek is op Nelson Mandela-dag, 18 Julie 2020, met die Illustrated haiku collage about social distance & corona virus geloods.

Vir die muse

Stef Cupido Poësie 2022-10-13

"In my dop
Is woorde en whiskey
En al die goed waarmee ek nie deal nie"

Kommadagga-opinie: Goeie chaos

Stef Cupido Menings 2020-11-25

"Ons het dierbare burgers, soos Ampie Coetzee en dominee Boshoff, verloor, maar het ook al die titel Dorp van die Jaar gedra deur Kwêla, die show wat kykNET uitsaai. En Andrew Murray, ’n leraar en gestuurde van God aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, sit steeds op dieselfde plek waar hy uitkyk oor ons dorp."

Top