Stilswye

Foto: Canva
Granaatrooi geheime
dwaal blosend
deur die spasies
van die gat in my siel
waar hulle aanhoudend
(soos ou krane)
bloep-bloep drup
en deur die krake
afsyfer
na die krater in my hart
waar hulle pateties
en stom rebelleer
teen my wil
en spraakverbod.

