Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Ek het gewonder

Celestie du Plessis Poësie 2021-05-12

"Ek het gewonder of jy sou kom 
tot by die anker van my wingerd 
en tot by die voet van my berg."

Onthou

Rhoden Saunders Poësie 2021-05-03

"Daar is stukkies vleis 
aan die bene van die verlede 
waaraan die koninkryk van miere 
duisende jaar lank kan kou"

Die lente in Jozi

Amanda van Niekerk Poësie 2021-05-03

"en ek en jy 
mekaar 
en alles verraai"

Haa’ selfmoo’dbriefie

Christo Meyer Poësie 2021-05-03

"net as djy rêrag wil 
of as djy voelit raak te stil 
gie ek jou my blessing 
om wee’ te date"

Volrond vrou!

Johanette Pretorius Poësie 2021-04-30

"diep in my lyf
skuil veel meer:
daar’s romantiese volmaanwense
met onskuldige kersvaderdrome
weggesteek in boksiemensverwagtinge"

Haar nalatenskap

Driekie Grobler Poësie 2021-04-30

"maar dis in haar nalatenskap 
waar suiwer waarde bot 
saad wat sy gesaai het 
ontkiem 
en nou tot waskom blom"

My herfsblaar as troosprys

Johannes van der Merwe Poësie 2021-04-29

"as herinnering aan ’n gister 
wat ek vir altyd sal bewaar 
platgedruk tog eensaam gestryk 
met die skaal van lewe geyk"

Hen met kuikens

Driekie Grobler Poësie 2021-04-21

"as moederplant 
my opgelegde taak 
om jul in voedsame grond 
geanker te hou 
teen elke stormwind te bewaar"

Verlore

Caren Kearley Poësie 2021-04-16

"Duskant Wintershoek 
in die Witzenberg-vlaktes 
sit ek saam met Breyten 
onder die groen takke van ’n wilger 
sy woorde dans in my kop."

Digsondes

Morné du Preez Poësie 2021-04-16

"’n honger vanuit die diepste kelder, 
met hande, duisende hande 
wat soos broeikuikens kwinkeleer 
om van ’n onskatbare kennis te leer."

Die eenkantkind

Johannes van der Merwe Poësie 2021-04-12

"gisteraand was weer moles 
so sien sy hulle 
elke dag – die eenkantkinders 
stil kinders wat woede inhou"

Skielik

Salvia Ockhuis Poësie 2021-04-12

"net jou wegraak 
in die niet en blou; 
en ek wat langsaam 
oral soek na jou."

Doodsvrees

Caren Kearley Poësie 2021-04-09

"ek wou jou tot lewe skreeu 
want iets in my het vandag gesterf 
en al wat ek wou doen was lewe 
soos een wat die dood nie vrees nie."

as kindsheid

Jannie Pretorius Poësie 2021-04-09

"sal jy jou neus teen myne vryf 
my gesig in jou hande hou 
my aan God opdra 
en my saggies soen?"

Ek stap na my hart

Johannes van der Merwe Poësie 2021-04-07

"Ek stap deur strate van dronk herinneringe 
waar skimme skouer aan skouer loop 
om vloek en vleitaal te verenig" 

Seisoen

Von Villon Poësie 2021-04-07

"Al verlei herfs in koper en goud,  
sal ek onthou: 
Seisoene beweeg altyd verby." 

Berge

Andries Fourie Poësie 2021-04-07

"vele gangers van vergange
sing hier hul laaste avondslied
hier waar sy regtervuis se kneukels
oor gladde rostrumrotse
sy kwota afgunsbloed vergiet"

Sy dans woorde

Johannes van der Merwe Poësie 2021-03-26

"sy skuil in haar dans omdat sy moet 
want sy ken die bitter sy ken die soet 
verraad en venyn met ingehoue pyn" 

Winter

Salvia Ockhuis Poësie 2021-03-26

"siedend-verwoed ruk en skel 
die wind in boom en hoek 
asof hy dáár – getoor en fel – 
die rede vir sy tierhart soek."

’n Tikkie nostalgie

Susanne Pretorius Poësie 2021-03-26

"ek luister na ’n ou bekende liedjie 
dink aan kruisbeen sit op die mat 
langspeelplate in hopies opgestapel 
en sonder rede verlang ek ’n bietjie"

Top