Kansellasie

  • 2

Foto: Unsplash.com

Kansellasie
Hoe durf jy twee dekades t’rug
’n nou verworpe mening lug?
Hoe durf jy teen die stroom op roei
met tong so grof en onbesnoei?

Ek gaan jou kanselleer,
jou loopbaan diep beseer
jou toekoms sal ek kwes
met ’n kanselleermes

Jou woorde sal ek bestudeer,
jou elke sug analiseer
Ek sal jou foute uit gaan soek,
jou hofdag sal ek vooruit boek

      Daarom, vrydenker, ken jou plek –
      of voel my byl agter jou nek

  • 2

Kommentaar

  • Philip Cronjé

    Al ooit 'n swaar, skerp voorwerp moes dra met die wete dat dit jou hande enige oomblik kan sny? So voel daardie kanselleermes hier teen my nek. Mooi skerp gedig wat diep raak.

  • Andries van der Walt

    Die groot debat in Amerika sedert 2016 wat ook nou soos alles Amerikaans oorgewaai het hierheen. Word veral gebruik om mense te verneder, beledig en in 'n slegte lig te stel. Veral gewild onder konserwatiewe Amerikaanse politici. Kan in dieselfde asem genoem word as die stryd rondom "critical race theory" ook Amerikaans en die dosering daarvan in veral skole.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top