Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Skuldgevoel

Johan van der Merwe Poësie 2026-02-13

"op die slagvelde
van lewe en dood
sukkel die helde
wat nou vry rondloop"

Ek ontmoet die dood

Fazel Dick Poësie 2026-02-13

"'Waarom klop jy aan my deur?'
fluister jy,
so sag,
so seker.
'Het jy die wêreld agter jou gesluit?'"

Kaalvoetstories

Catherine Janse van Rensburg Poësie 2026-02-13

"En of jy dalk my hand wil vat
En saam met my verdwaal
Ek pak alreeds en los my vere
My hande leeg, my voete kaal"

windgedagtes vir die suidpunt

Waldemar Gouws Poësie 2026-02-13

"wanneer die swart suidooster vol venyn gespier
die land verwaai
en die maan op haar manier
hierdie nedersetting se gety omdraai"

Die laaste seer wat ek bring

Fazel Dick Poësie 2026-02-06

"En tog, in my stilte,
fluister ek sag:
Miskien, eendag, sal my stukkend ook iets moois maak." 

Feeshoog

Sanette Scheepers Poësie 2026-02-06

"Dek dan die tafel
in letters heilig wit,
woorde versagtend verguld" 

Nog woorde

Anoniem Poësie 2026-02-06

"woorde wentel
om my om
bye en die korf
seevoëls en die trawler" 

Sterwensuur

Fanie de Villiers Poësie 2026-01-29

"strooi jou vir ewig
sout uit die Swartland
in Blouberg se branders"

Ek is nog hier

Fazel Dick Poësie 2026-01-29

"En ek weet nie hoekom nie
maar vanaand, net vir nou,
sal ek nog asemhaal."

Blinde offer

Sanette Scheepers Poësie 2026-01-29

"agter die druppende maan
offer ek onwetend blind
my geheel soos dooie stof"

Stilte en woorde

Johan van der Merwe Poësie 2026-01-29

"want jy is die gees van woorde
wat stilte bring in weesgedagtes"

Blomme

Marie Greyvenstein Poësie 2026-01-22

"Geel en pienk, ook pers en blou,
bittersoet ná die oujaarsgrou."

Uitkoms

Sanette Scheepers Poësie 2026-01-22

"haak en klim
oor klimop-kranse
ons bedelbakkies maagvol
teen die stormwind"

Ons kiekies

Salomé Borngräber Poësie 2026-01-22

"Ons kiekies lê vergeel
in ’n geblomde koekblik
versteek van motlarwe
se gulsige bekke"

Die reis

Johan van der Merwe Poësie 2026-01-22

"dit was ’n lang reis
van eerste onthou tot nou"

Pleidooi van ’n loser

Neo Mehlomakulu Poësie 2026-01-22

"die opgehangde nagmerrie van college en hoërskool crushes
die ongeluksvoëleksperiment van heteroseksuele mans"

Ek gaan djou nie lekke maak nie

Shane Heynes Poësie 2026-01-15

"Want liefde,
regte liefde,
is nie lekkers in ’n sakkie nie"

Hondelewe

Jacques Boshoff Poësie 2026-01-15

"My hond begryp nie die verloop
van dae, maande en jare
of die verandering van seisoene nie."

Elandsbaai

Johan van der Merwe Poësie 2026-01-15

"mense kom en gaan
raak verlief op jou
mis jou as hulle weg is"

Gedagtes aan my vêrkyk-kind

Johan van der Merwe Poësie 2026-01-09

"hy het nooit gesien
ek sien nie
maar ek het"

Top