Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Baai van gebroke harte
2025-11-20"Ek tel die stukke van ons storie soos skulpe al langs die waterlyn op
hier het ek vir jou lief geword, voor al die smart"
Uit die aarde
2025-11-13"maar jy o mens is tog so broos,
moet huil en wag vir voeding.
vir klere, reiniging.
ja, mens, jy is totaal weerloos."
Die perdeblom
2025-11-13"Ek kyk na die klein seuntjie
en fluister glimlaggend sag:
'Alles gaan oukei wees.'"
Op pad huis toe van 'n stokvel-party af
2025-10-30"Op pad huis toe van ’n stokvel-party af het my pa my ma geslaan"
’n Karoo-gebed
2025-10-30"Sien ons raak, Here
Hoor ons droogweg rukkend snik.
Alleen die klippe groei."
Ek het dit sien kom
2025-10-23"ek het dit sien kom
oor die kim van my gedagtes
of voorvaderlike geheue
wat eerder
’n voorvaderlike sonde was"
Elia en die kraaie langs die pad
2025-10-23"Elia is nie hier nie.
Geen roeping meer te vervul,
geen kos om aan te dra
vir God’s profetekind."
Taxi
2025-10-16"as die baas ook sy rantsoen
teen driemaal honderd eis.
Wat neem ek dan saam
vir almal by die huis?"
Huil die maan ooit oor die son
2025-10-16"want die groter duister weet:
Sommige harte is veiliger op ’n afstand sodat hulle mekaar nie breek."
Die woorde
2025-10-16"toe werp ek hulle hier neer
uit my gedagtes uit
vir altyd vasgevang
met ink in papier "
Tot dan
2025-10-09"Ek sal jou liefhê tot sterre inplof na blinde gapings,
’n vlamwit meteoriet die nag ontwapen"
