Op ’n tyd was jy (daar)

  • 0

Foto: Canva

Op ’n tyd was jy (daar)

jou mense,
deur jou gehate,
nagedagtenis
het jou versuip
in die Groot Vergetelheid.
Jou portrette
jou boeke
jou skoene
almal
      wegverrot,
      weggevreet
en jy het
                in ’n ander tyd moes gaan
                woon
maar ek het altyd
                    bly
                    onthou
op ’n tyd,
                      was jy
 (daar)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top