In die mandjies van ons oë

  • 0

Foto: Canva

In die mandjies van ons oë
vir Sandra

ons oë is die mandjies
wat ons teerheid versamel
en ons vingers soek in mekaar se verbleikte palms
na daardie verspilde jare
toe eensaamheid ons lewens verkul het;
en tog, vervloë liefdes was maar net nat wange
ek het vir jou ge(f-)luister:
laat die wêreld om ons ver(s-)kil,
maar maak ons tweevoudig

-eenvoudig

in die mandjies van ons oë

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top