Smeltkroes

  • 0

Die prent is afkomstig van Canva, onderhewig aan hierdie gratis lisensie-voorwaardes: https://www.canva.com/policies/content-license-agreement/.

Volg sonder vrae
om onsekerheid
van tyd en plek
af te skud

op ’n pad gebore
uit negatiwiteit,
gevoed oor jare
van pyn én lag.

Om te sterwe
wanneer ’n deel
van twee verweefde lewens
losgeskeur word
en in stukke val –

skerwe van onthou
wat stadig herskep,
herorden,
gerig word

in die smeltkroes
van nuut gedeelde vreugde.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top