Saam-saam eensaam

  • 0

Foto: Canva

Saam-saam eensaam
vir Sandra

jou soene was vroeër my vryheid;
ons was inmekaargeweef,
ons minne-sweet het mekaar verkleur
maar ’n uitstedige, verdwaalde gedagte
verwond die vlees,
deurklief die gees:
by die oop graf van ’n rou einde
het ons getreur
en ons het van mekaar vergeet,
ons liefwees-tyd was verby, verbeur
om maar saam-saam eensaam te wees

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top