Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Angel in scrubs
2024-04-10"We grieve the loss,
of a mentor so true,
whose warm-hearted skill
touched more than a few."
Breyten & Olga 1975
2024-04-10"’n Paar jaar gelede in ’n nanag so duister
het hy na ’n Russiese opera gaan luister
Kort daarna lag neef Breyten betower
toe Olga Korbut ’n goue verower."
Koersvas
2024-04-03"maar die digter haal asem met elke vokaal
smag na elke klinker- en diftongmoment"
Met hierdie nuwe jaar se koms
2024-04-03"met hierdie nuwe jaar se koms
wil ek vuurwerke
vir jou skiet op die strand
wat helderkleurig pluim
deur die donker hemelruim"
As moeg gedaan is
2024-04-03"Ek sit in ’n smal stegie
van benoude gedagtes
oor tyd wat so jaag
al teen die berg af
al teen my hart af"
Goeie Vrydag
2024-03-27"Die grootsheid van Sy almag, dat Hý selfs die wind
gebied om in stilte voor Hom te kniel."
My skemertyd
2024-03-27"want my skemertyd het nou ru aangebreek
en ek – ék spartel
tussen die doodstyding en die nistuine
van my ámper vergete lewenspad"
Kolibrie en Walvis
2024-03-20"hulle deel duidelik dieselfde oeroue prinsiep
volmaak volgens skaal
en praat so saam met ons onderliggend ’n enerse voorverbale taal"
Ode aan Johnny Theunissen
2024-03-13"se’blief ou johnny man voor iemand die doek oor jou klavier kom gooi
ons vir oulaas net weer bietjie orraait laat voel"
Dagbreek
2024-03-13"Ek doen los werkies, ietsie hier en
daar, maar ek het niks om daarvoor te wys nie.
Die lewe is duur, meneer."
Monsters
2024-03-13"die wyfie vreet haar maat op
lê eiers in die sponsmatras
nuwe monsters word gebaar"
Laat my toe om myself te verloor
2024-03-06"ek was vir oulaas gebêre
Op ’n spieëlkas tussen jou parfuum en haar haarborsel
terwyl ek teen ek en my gedagtes worstel"
