Droogte

  • 1

Foto: Canva

Droogte

Waar harde rooigrond snuif getrap
smag na ’n druppel reën.
Waar mense op hulle knieë vra:
“Vader, asseblief, net ’n bietjie seën?”

Waar beeste brullend, bulkend, bedel
en wag vir ’n laafnis van bo,
waar hulle koppe smagtend hang,
dors weerkaats in glansloos oë.

Waar ’n pragtige land
verdor en in stof verstik.
Daar bid ’n volk verslae:
“Heer, laat U water ons verkwik!”

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top