Marie Greyvenstein is gebore, het grootgeword en skoolgegaan aan die Oosrand van die destydse Transvaal. 33 jaar gelede verhuis sy en haar gesin na die Ooskaapse dorpie, Alexandria waar hulle vandag steeds woon.
Sy publiseer twee kruieboeke deur Lapa uitgewers. Sy skryf en gee self drie boeke uit oor die geskiedenis van Alexandria. Sy kwalifiseer en registreer ook as toergids waar sy geskiedkundige staptoere doen. Haar passie vir geskiedenis en veral dié van die Groot Trek word saamgevat in haar debuutdigbundel “Die Groot Trek en ander herinneringe” wat sy self uitgee gedurende Desember 2023.