Dias-kruis

  • 0

Foto: Canva

Dias-kruis

By Kwaaihoek ’n kalksteenkruis geplant,
’n baken in Afrika se sand.
Simbool van geloof in ’n onbekende land
ingemessel met vasberade hand.

Die See van Storms tot hier trotseer
in ’n kruistog deur wind en weer.
’n Monument, so het hulle beweer,
’n nalatenskap om die Skepper te eer.

Kwaaihoek dra vandag steeds daardie kruis,
mense gaan kyk, loop deur die gruis
en dink aan matrose wat ver van hulle huis
hier gestaan het, lank terug ... per abuis?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top