
Foto: Canva
Sterre en stofspore
Helder diamante in die nag,
skitterende sterreprag.
Die hemelruim se eie verhaal
in ’n kosmiese, eeue-oue taal.
Orion, Taurus en Sirius se blink,
Crux wat vriendelik vir matrose wink.
Die Melkweg se rivier van silwer stof
se spore snags wat nie verdof.

