Dans van die reën

  • 4

Foto: Canva

Dans van die reën

Trippel, trappel, rittel
sag die stofkapittel,
druppels dans ’n rumba
afgewissel met ’n samba.

Donderslae dreun,
die aarde kreun
maar die druppels foxtrot
danser, sanger, pierrot.

Trippel, trappel, rittel
met drif die stofkapittel,
draai en dans die druppel
hip-hop, disko, huppel!

  • 4

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top