Nostalgie

  • 0

Foto: Canva

Nostalgie

Diep uit die hart se argief,
deur vergeelde, verouderde, vergete
bladsye van ’n lank geslote lewensboek
’wyl hy na kinderdae se vrede soek!

Geen toestemming, beperkte toegang
tot die oudste dokumente,
eenrigting, herinnering
van ’n verborge lewenskring.

Net ’n oumens hier alleen
wat peins oor tyd, maar net geleen.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top