
Foto: Canva
Die stil rivier in my hand
vlamkroon
vulkaan van vreugde
verewig met houtskool
lawaswart op wit linne
terpentyn talm
sanctorum soet
dooie rose
hande swart soos roet
tevrede staan ek terug
my geluk toegedraai in vel,
perkament en balsemkruid
’n skugter sadhoe sug
die stil rivier
van verwondering
vloei oor die blou psalm
in my hand


Kommentaar
Baie goed geskryf! Weer-en-weer-lees gedig!
Baie dankie Roon! ‘n Gedig oor my liefde vir my kuns! 🦋❣️🦋
Lieflike gedig! Asof jy met ‘n kwas skryf. Sien uit na die volgende bundel!
Baie dankie, Eugene! Wat 'n mooie opmerking! Met waardering!
'n Lieflike gedig, mag daar nog vele wees.
Baie dankie Celeste! Met waardering! 🦋❣️🦋
Woordkuns op sy beste... baie mooi!