
Foto:Canva
lisensie
o jy, die Joodse kind,
wat die chutzpah het
om in Afrikaans te dig
en wat vanaf
heel die buitekant
jou kultuur indwing
binne-in iets wat
nie jou eie is
jy wat in Jiddisj dink
maar die ligkol
van jou siel
in ’n ander taal
se verse klink
jy wat pesach vier
met matzah
en gefilte fish
op ’n seder plate
pleeg jy soorts
aan Olga Kirsch
in smagting
om geliefd te wees,
maar ook
in opstand, bitter
briefformaat
gevat, satiries
soos Peter Blum
dus, vergewe my
as ek terugloop
na twee meesters
en kruisverwys
in my aansoek
vir ’n lisensie
om myself
in die vreemde tong
uit te druk
*chutzpah: astrantheid
*matzah: platbrood
*gefilte fish: geposjeerde visfrikkadelle


Kommentaar
Dankie vir die plasings. Word innig waardeer.
Wonderlik.
Dankie Martli.xx