Anne-Marie Bartie (van der Merwe) is op 1 Desember 1961 gebore. Sy het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy is ʼn afgetrede regspraktisyn en woon tans in Gordons Baai.
Sy het al verskeie beroepshoede in haar lewe gedra, onder andere as joernalis, koerant eienaar, entrepreneur, maatskappy eienaar, eiendomsontwikkelaar en mediator.
Sy is ook aangewys Nasionale Raad vir Sakevroue as “Entrepreneur van die Jaar, Finalis Kwa Zulu Natal in 1995/6”. Sy verwerf ook verskeie ander nagraadse kwalifikasies in rigtings wat haar interresseer.
Haar eerste geskewe stukkie is in 1974, op die ouderdom 13 jaar, in die Keur geplaas waarvoor sy ʼn prys van R25 gewen het. Daarna is skryfstukke van haar ook in Rooi Rose en Sarie geplaas. Haar huistaal is Engels, maar sy voel gemaklik om in Afrikaans te skryf.
Anne-Marie is op 4 November 2023 in die Genootskap van die Handhawing van Afrikaans se digkompetisie, die algehele wenner en is hiermee met die N.P. van Wyk Louw Prys bekroon. Hierna verskyn daar gereeld gedigte van haar op Versindaba en INK.
Anne-Marie beskryf haarself as iemand wat nie van die kalklig hou nie en ʼn ewige student sal bly. Sy het vier dogters en twee kleinseuns.