
Foto: Canva
monsters
die lug verloor sy suiwerheid
saans as hondegeraamtes
in sinkplaatbuurte dwaal
die mens is vasgevang,
toegespin in taai drade
toe in ’n kokon van kuddesonde
in ’n broeiende hophuis,
wat vier gesinne
plus ’n teefhond met 10 puppies
op ketting huisves
huil ’n pasgeborene droewig
in eerstestraat se sloot
in die sjebeen se ally lê ’n dronkie
’n man hang homself
tussen die bookie en die bar
as sondag negeuur se klokke lui
het spinnekoppe klaar gepaar
die wyfie vreet haar maat op
lê eiers in die sponsmatras
nuwe monsters word gebaar


Kommentaar
sjoe dis so hartseer!
Baie treffend. Pragtig!
Magda! Ja, dit is inderdaad. Maar so real. Baie dankie vir die comment.
Mitch! Dankie!
Wow. Dis baie treffend.