MRI

  • 1

Foto: Canva

mri

in die chiffonade
van frontale lob
’n verkalkte aar
en gevlekte brein
prent mélange,
die kognitiewe beeld
deels onthou
en stukke nou.

in die temporale lob
waar irisoë van
swart radys,
deur lagies miëlien, 
aan beseerde aksons
van witstof, 
duidelik wys

* chiffonade: snymetode in kookkuns – lang dun repe
* mélange: ’n gevarieerde mengsel – gewoonlik kosverwant soos in slaai

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top