
Foto: Canva
hartbreek
ek gaan van die veronderstelling uit
dat die liefde soos ék hom ken
dié tussen man en vrou
van meet af fundamenteel foutief is
ek gaan van die veronderstelling uit
omdat ek die illusie van alewige seer en versugting
wreedaardig en vermoeiend vind
dat dit soos ’n lam been agter my aansleep
dat dit ’n wesenlike hindernis veroorsaak
’n afnemende gibbende fase
op pad om van die finale gelukstrog
aan die eindes van knarsende
versplinterde reënboë
uit blínkskoon goue waterpoelpotte te kan drink
dit is steurend om te besef
dat ek niks voel nie
nie oor die liefde nie
nie oor die godskreiende eensaamheid
of oor die geheelhartseer nie
dat ek koud en verlate staan
myself emosieloos ervaar
in die duiwel se agtertuin bevind
dat ek in passiewe weerstand is
teen alles wat saamgebondel was
in een mens
die dag toe my hart gebreek het


Kommentaar
Bou sterk op na 'n veelseggende slot. 'n Mens herken jouself deurgaans.
Die wrede realiteit ja, Danie. Dankie vir die kommentaar. xx