Horlosmint

  • 0

Foto: Canva

Horlosmint

rôisterklip en duwweltjies
voetbrand innie sand

om die hoefyster
kraaines, waterval
bloukrans en die grot

oor die poort
duikerspore om die platkop
bitterboelas in die laan’e

soggens in doverrook
plaasbotter, hardekaas, flou koffie
die seloentjie in die hoek

smiddags in die bakoond
naaldekokers oor die klipdam
hondjieswem deur paddaslik

saans in lanternlig
droë snoek, souskluitjies
pampoen en konfyt

slaaptyd dreig doektoon
’n donker longdrop
vol geitjieskyt en knopies

rôisterklip en duwweltjies
voetbrand innie sand

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top