Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Slagoffer van omstandighede
2024-06-20"jy het geglo hy sal verander
aan daardie hoop het jy bly klou
al het jy bewus geraak
van sy liefde vir ’n ander vrou"
Ballingskap
2024-06-20"maar soms word ’n flikkering
tog waargeneem duskant kontoere
wat soos die oë van ’n ou man lyk"
Onder dorings, dissels en gras
2024-06-20"Hoe maak jy babas staan in gelid,
hierdie kindersoldaatjies oor wie ons nou bid?"
Maak my net die donkie se kakebeen
2024-06-14"Maak ’seblief vir my
dan net ’n donkie se kakebeen
om U kinners te wreek op die wat hulle seer laat kry."
Verbode liefde
2024-06-12"Op Diepkloof rus al twee se drome
in naamlose grafte met boegoe verfraai"
Perkament
2024-06-12"ons liggame word nes perkamente
bros en vergeel
en die melodie van die hart
word gereduseer tot net stilte oorbly"
Liewe Moeder Aarde
2024-06-12"maak ons tog strewe na reinheid, wysheid se lied
voordat ons laaste asem ook verlore gly in verdriet."
In Morpheus se arms
2024-06-05"wanneer die dag haar salig om my vou
of die nag my kom haal
toor jou soene my droomwêreld"
Slawehuis van ons gewoontes
2024-06-05"Die trekklavier se klanke is sag
die note duidelik
die melodie betowerend
terwyl my hart gedigte skryf"
Littekens
2024-06-05"sal die kinders wat uit veld toe is
ooit weer in die skaduwee
van die olyfbome speel?"
Forsaken place
2024-05-30"Nothing grows here now except silence and birdsong by day and the call of the jackal by night."
In my diep blou
2024-05-30"waar vrede my na rus bring
op ’n heilige plek
waar ek eendag sal vergaan."
Ode aan my Lentenooi
2024-05-30"kom leef ’n tyd en meer saam met my, my Lentenooi
hier waar die somerlag koeltesoekers uitnooi"
Strompelende gedig
2024-05-22"in sy teater van kliniese ontleding
heg hy gebreekte woorde en inspirasie
tot die tekstuur van motgevrete versverbande"
