
Foto: Canva
Skilpad se lot
Ek is ’n seeskilpad
My boot op my rug
Onderstebo
En ek sink nie
Ek swem net
Dis my dop
My lot
My sonskyn het ’n anker aan
Die horison bly bo
Al klim ek die golwe
Ek is sterk
Geskape vir storms
En onder bly bo
Ek trek my kop in
Die see het nie trane nie
Nie huise nie
Nie hande nie
Net branders
Ritmies teen my hart