Die winterson is pure lente

  • 0

Foto: Canva

Die winterson is pure lente

die winterson is pure lente;
en staan op agter          
die horison
tussendeur verkleurde herfsblare
en verarmde bome
spreek ek
’n seën
oor die jeug-glansende gesig
van my enigste seun
en hy luister
aandagtig
na Pa se stem:

ek praat met onverwagse warm oggende
en ewekansige voëlgesang,
skoenlappers
sit op jou hand
ek fluister:
jy sien my eendag
in die somer
weer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top