Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Epitaaf van my hart
2024-08-15"my woorde word nou die epitaaf
versteek tussen distels en kaf
tot verdigsels weggeskaaf"
Pink suitcase
2024-08-07"when I walk out of the door
my pink suitcase rattling behind
on broken wheels I thought you would fix"
Somer se laaste sug
2024-08-01"maar onthou my in die oggendroos
delikaat en broos
’n lieflike geur wat sloer"
Sonnet vir ou Platpoot
2024-08-01"natuurlik het hy geen geldige rede
niemand is verhewe bo die lewe se geneuk"
Skemer in Kartoem
2024-08-01"terwyl die Nyl die skemerson soen
as gebroke drome die vreemde inseil
waar magsiek monsters harteloos roem
in verskroeide strate van Kartoem"
Kastele in die lug
2024-07-25"drome is nie werklikheid nie
slegs jou kastele
in die lug
as jy dit vergeet
kom jy dalk nooit terug."
Boomgedig
2024-07-25"Van die eerste lettergreep af plant ek bome.
Op vier‑en‑sestig wil ek nog een plant"
Nog
2024-07-25"In die middel van die kruisvuur –
aan beide kante van die grens –
bloei nóg ’n moederhart"
Onder die Suiderkruis
2024-07-25"Op 17 het jy jou oproep papiere ontvang
op 18 by die treinstasie gestaan
skaars 19 toe is julle ontplooi
onseremonieel na die oorlogstafel genooi"
Digterskap
2024-07-18"daar is somer én winter in herinnering
óók herfs én lente in elke digterskap"
Jou liefde smaak na rooi muskadel
2024-07-18"jou liefde smaak na pienk zinfandel
en jou hart is opreg – soos egte konjak."
Vivarium
2024-07-18"op die hoek van langestraat
is daar ’n boom, groen en pers,
die blare val en sy swenk
verby, links en regs"
Swirlkous
2024-07-18"Besides,
Sy ken die nuutste en oulikste vloekwoorde
Swirlkous is nie ’n vrou met wie jy wil mors nie"
Ver weeskind
2024-07-18"toe ek baie alleen was
hier tussen woorde
tussen wrede mense
toe sy vir my lig gegee het."
Ikigai-paradoks
2024-07-11"Nou, in die swye van haar eie sfeer,
is sy slegs ’n flou oogknip ver van hom"
