Koerant

  • 0

Foto: Canva

Koerant

Waar is my getroue gesant?
Ek mis die ink se reuk. 
Waar is my getroue papierkoerant?
Wie en waarom is ons so onvergeeflik verneuk?

Ek soek die Beeld, bekend aan my as kind
en Sondag se Rapport.

Waar kan ek my nuusdraer vind?
Daar’s ’n leemte, iets groots is nou tekort. 

Is dié dan ’n sein
oor iets oor ons Afrikanerwees,
dat Afrikaans besig is om te verdwyn? 
Of is ek net ouderwets met te veel vrees? 

Ek mis dit om myself Sondae te kan begeef,
oorweldig deur soveel papier,
al is dit net vir ’n dag om dit te kan beleef,
om leuens te glo net om myself te kan plesier. 

Hoekom word dit dan van my gesteel?
Wat het ek verkeerd gedoen?
Met wie kan ek my ontsteltenis deel? 
Hoe kan ek myself daarmee versoen? 

Wat word van ons taal? 
Die papierkoerant is ’n koord.
Was Afrikaans net ’n verhaal
van ’n klompie mense wat sou saam behoort? 

NS

Jou papier het my laat gril. 
Eers Transvaler, toe Beeld, Rapport na die Dagbreek met die haan.
My vriend saam deur die land’s veranderinge gegaan. 
Maar nou is jy stil. 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top