
Foto: Canva
Piromaan
Ons foto’s smelt en krul in die kaggel.
Daardie jare up in smoke
hoor ek stemme in my kop
knetter. Ek sien hoe die brandende
Hoeke gloei en verdwyn, ’n gevoel van
finale afskeid vertrek
deur baksteenskoorsteen,
’n onsigbare rooksein in laatnag stiltes.
Vroegoggend lê grys as yskoud.
Ons het ’n nuwe vorm aangeneem.
Ons tot niet in ’n vuurwarm spelonk
van vlamme wat lank gelede
’n liefdesmetafoor was voor die as.


Kommentaar
Aangrypend!
Verlies en pyn, maar uit die as verrys meestal 'n nuwe begin.