Meer as net 'n woord

  • 1

Foto: Canva

Meer as net ’n woord

Nie vandag nie, dalk nie vir jare nie,
maar eendag gaan jou liefde meer wees as net ’n woord
Meer as ’n wond
’n Wagkamer. Vir ’n wêreld wat nie jou rouheid ken nie
Meer as ’n donker vuis in jou borskas
Eendag
gaan jy kyk hoe die reënwater afgly
teen die glas van jou kombuisvenster
en jy gaan nie ineenstort nie. Nie weer nie

Onthou jy hoe jy die sterre dopgehou het
toe jy ’n kind was?
Asof hulle magiese lampe was, vasgelym teen die naglug
Wel, nie vandag nie, dalk nie vir baie jare nie,
maar eendag gaan jy die sterlig weer ontmoet
En tot dan, sit ek langs jou in dié wagkamer.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top