Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Hartsvanger
2024-10-17"maar ek voel eintlik net die
klou van jou skaduwee
soos die sterrehemel wegsmelt
oor my rigtinglose skip."
Beroof van sy onskuld
2024-10-17"Oorkant die kerk op die hoek van die straat,
staan die doodsengel.
En staar hom in sy oë."
Thanatos
2024-10-10"Eros, Hypnos en Thanatos vervleg in my kop
Waar begin die een en waar hou die ander op?"
Die droogte in Niemandsland
2024-10-10"dit bly droog
niemandsland treur
oor verwaandheid
van die mens"
Kwas-en-kleur-simfonie
2024-10-03"soos deur kwas en kleur gespeel
miskien eendag
geklee in wit
hoor jy ook hul hemelkoor"
Broederooms
2024-09-26"bou julle steeds gedenkmure vol heldename
lê plegtig kranse
roep God by as getuie"
Boek sonder titel
2024-09-26"die lêers in my kop moet ek nog
Skrap. Delete. Erase.
maar die boek is reeds gedruk ..."
Swane
2024-09-19"breek daardie swewende swane
deur die glaswateroppervlak &
sinisme & hopeloosheid"
Haweloos
2024-09-19"Dan swaai hy om en stap weg
nes daardie vorige keer
sonder om vir oulaas
te gaan klop aan die deur"
