Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Die stofduiwels

Johan van der Merwe Poësie 2024-11-28

"hier kom niemand
net die wind
die son en die maan
om snags koel troos te bring"

’n Ode vir Sang-Heung Lee

Cas Vos Poësie 2024-11-21

"Hy het ook soos ’n engel gesing, die skare was
asemsnakkend en trane het gestroom.
’n Tydlose oomblik van verwondering."

’n Ou pen skryf nuwe woorde

Jannie Meyer Poësie 2024-11-21

"Lot het alweer gevlug
om hulle lewens te spaar
maar toe kyk sy terug
word vir hom ’n soutpilaar."

Vrees

Marie Greyvenstein Poësie 2024-11-21

"stres en angs in donker nag
gooi ’n skadu oor die dag wat wag!"

Genesis II

Neo Mehlomakulu Poësie 2024-11-21

"jou drome nog drome van dokter-pablopicasso-en-alles-innie-wêreld word"

Bittersoet huispad

Zebulon Kochk Poësie 2024-11-14

"maar toe ek die deur oopskroef 
lyk die mens in my deurraam 
onherkenbaar."

Papawer

Jeanne Henning Els Poësie 2024-11-14

"in die lente
van my
oggendtuin
staan jy
vlietend
in die son"

Cavin Solly Smith

Neo Mehlomakulu Poësie 2024-11-14

"mag die son die koue nagte vir jou uitbrand
en mag die wolke saans jou slaap sag maak"

’n Judolewe

Heinrich Matthee Poësie 2024-11-14

"Jou oerkrag druk my"

Skeppingsprag

Anita Van der Walt Poësie 2024-11-07

"Goudgeel topaas ontplof
op berge se omlynde toppe
as son baldadig sy laaste kleure mors"

Die daisy dwaal weer

Johan van der Merwe Poësie 2024-11-07

"sy ken die geheime
sy ken die vuur
sy ken hartseer"

Hart verloor

Willem de Swyger Poësie 2024-11-07

"as ek aan Stellenbosch dink
dink ek eerste aan wingerde
hier het ek twee keer my hart verloor"

Wildekooi

Heinrich Matthee Poësie 2024-11-07

"Wat wil jy in dié vlae van nagreën maak, 
die as weer aanlont binne my?
Die duin en wildegras sal oor jou waak."

Visserman

Zebulon Kochk Poësie 2024-10-31

"Jy was uit op die waters
op soek na ’n ligtoring"

Pablo Picasso: Guernica

Martli Slabber Poësie 2024-10-31

"Maria wat haar lot bekla
Vooruitblik op die Pietà
Slap hang die baba oor haar skoot
Die Vredevors, messias, dood."

Verplaas

Jeanne Henning Els Poësie 2024-10-31

"ek by
Huis Môreson
jou goedjies uitpak, 
dit bêre in
’n kassie
langs ’n enkelbed"

Eerste vryvalsprong

Heinrich Matthee Poësie 2024-10-31

"Die dag knal oop in blou en rooi
wanneer die skerm boontoe bol;
ek wenteldans die hemel in
en sirkel in ’n aardse tol."

Klasmaat

Janica Flink Poësie 2024-10-24

"In die klas het jy
langs my gesit 
even my hand vasgehou
wanneer ons bid."

Toorwerk op papier

Johan van der Merwe Poësie 2024-10-24

"wat jy weer opfrommel
saam met die papier
om dit asblik toe te stuur"

Sterflikheid

Jeanne Henning Els Poësie 2024-10-24

"in my kombuis
hou jy my by die
agterdeur dop"

Top