
Foto: Canva
Parys
dis nie die
Eiffel
die Dame
of Tuileries
wat in my
onthou
vassteek nie
dis die plakker
wat op die
wal van die
Seine slaap
die skilder met
sy esel voor
die Sacré-Coeur
dis die ou man
wat laatnag
by ’n straatkafee
saam met die
duiwe buig
voor ’n
halfgeëete
croissant
op die sypaadjie

