Animal Farm

  • 3

Foto: Canva

Animal Farm

Alles verrot
Alles kapot
Alles bevreesd verenig
onder die soeklig
van ’n (s)ot
almal – gelyk
in hul herverdeelde ongelukkigheid
nou, speel-speel verlos
maar
         die wyses
         (s)onder die on-vryes
verlos van vryheidsversugting,
soek liewers
         water
         en kos

  • 3

Kommentaar

  • Martiens Labuschagne

    Die reg op water en kos is uiteindelik belangriker as vryheid en gelykheid. Sonder eersgenoemdes beteken laasgenoemdes niks. Vra maar die meerderheid Suid-Afrikaners.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top