My taal

  • 0

Foto: Canva

My taal

Kan jy my hoor?
Hoe val dit op jou oor?
Is dit miskien te hoog
Of dalk ’n bietjie droog?
Dalk te sterk of te dof.
Of raak dit weg in die stof
Van jou gedagtegang
Oor hoe dit moet klink in sang?
Die taal is myne en joune.
Ook dié van boemelaars, engele en gode.
Ma, pa en oupa s’n.
Ouma, uncle en antie oek.
Afrikaans.
Vannie Cape Flats tot by die Taalmonument
Word prentjies vertel
Sonder om ons woorde te tel.
Want dis lekke in Afrikaans.
Nou vra ek mooi.
Hoekom worry ons of dit gaan survive?
Praat dit hoog of praat dit plat.
Of Kaaps of hogere woordeskat.
Praat net Afrikaans.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top