Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

The lost city

Carla Botha New writing 2025-02-27

"When cartographers come to study us,
they’ll find no clear borders, no legend
to decode the ways, we have merged."

Onnatuurlike dood

Wicus van der Merwe Poësie 2025-02-27

"As groei dan is om meer te sterf, laat ek groei.
As kaal takke beteken die dood het gekom, sien my skaamte."

Heimwee

Jeanne Henning Els Poësie 2025-02-27

"dit ruik na
Pa en
Saterdagoggende"

In Eden se bloed

Bester Meyer Poësie 2025-02-20

"gul en vol lewe
soos jou oë se bruin
waaruit daar ook vir my
’n ewige son sal verskyn."

Phone

Carla Botha New writing 2025-02-20

"Inside this device
Numbers of people and lies"

Koerant

Jannie Meyer Poësie 2025-02-20

"Is dié dan ’n sein
oor iets oor ons Afrikanerwees,
dat Afrikaans besig is om te verdwyn? 
Of is ek net ouderwets met te veel vrees?"

Sal U my vashou

Johan van der Merwe Poësie 2025-02-20

"wil U ’n flenters siel optel
as die rowers my vir dood gelos het
sal U my wonde verbind en my optel
hier langs die pad van stukkende mense"

Piromaan

Carla Botha Poësie 2025-02-13

"...vlamme wat lank gelede
’n liefdesmetafoor was voor die as."

Dance of bloodied feet

JMT Labuschagne New writing 2025-02-13

"bred barefoot
to stagger over the shards
of yesteryear’s looking glass,"

Meer as net 'n woord

Yuwinn Kraukamp Poësie 2025-02-13

"... eendag gaan jy die sterlig weer ontmoet
En tot dan, sit ek langs jou in dié wagkamer."

As dit donker word

Johan van der Merwe Poësie 2025-02-13

"as dit donker word
breek skadu’s los
uit meubelstukke"

Die winterson is pure lente

JMT Labuschagne Poësie 2025-02-06

"die winterson is pure lente;
en staan op agter          
die horison."

Skaduwees

Johan van der Merwe Poësie 2025-02-06

"om skaduwees te laat lewe
wat die son wegvat
wat glimlagte steel"

Pretoria

Carla Botha Poësie 2025-02-06

"Daar is pienk-oranje vasgevang in grys
Vroeg in Maart wanneer die buurtbrakke
Gesels oor die dag se ditjies en datjies."

Resurrection

Joseph Koetsier New writing 2025-02-06

"The year of the Master’s Resurrection and Ascension.
His call, as the Thunderous Sounds of the Apocalypse."

Skilpad se lot

Catherine Janse van Rensburg Poësie 2025-01-30

"Die see het nie trane nie
Nie huise nie
Nie hande nie"

Uitkoms

Jeanne Henning Els Poësie 2025-01-30

"bly dit
dieselfde
water waarin
jy jou
spane vind"

Opperwese

JMT Labuschagne Poësie 2025-01-30

"vorm U my siel geometries
om U orals
te bereken"

As die stiltes skree

Juanita Louw Poësie 2025-01-23

"Dit prut en met ’n seker hand lig ek die swaar wateremmer op en gooi die kole dood.
En die stiltes word stil."

Die stiltes tussen ons woorde

Kayla Hartman Poësie 2025-01-23

"dat dit die stiltes
tussen ons
woorde
is
wat my hart
jou huis maak"

Top