Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Langs die pad gekry

Johan van der Merwe Poësie 2025-06-12

"eendag langs die pad
het ek jou gekry
toe ek verby gister geloop het
op my pad na myself"

Bosbaadjie

Nico Jansen Poësie 2025-06-12

"met my eie magsnommer
en my eie R1
en my eie stewels
het ek besef
hoe swaar die baadjie wérklik was"

Op jou vlug na môre

Johan van der Merwe Poësie 2025-06-05

"wat altyd so gedwaal het
tussen netnou en vir ewig
om die skat te vind"

My verlede is 'n land

Martin Labuschagne Poësie 2025-06-05

"my verlede is ’n land –
lank, lank gelede –
en eendag gaan ek daar woon"

Blinde hart

Von Villon Poësie 2025-06-05

"van balans af geruk tog regop
vasgegrendel in die wind
op steen en klip wat hitte klop"

In the stillness of my mind

Daniel Manchest New writing 2025-06-05

"I can hear the choir sing
While I’m dressed in Sunday best.
To say my last goodbye"

By die skool

Nico Jansen Poësie 2025-06-05

"Sy loop verby die meisies
By die skool
In die gang
By die trappe"

Middernagblues

Johanette Pretorius Poësie 2025-05-29

"Die grysheid het by my kom intrek
elke uitgehuurde kamer kom opeis."

Spoelsand

Loretta Szikra Poësie 2025-05-29

"soos golwe wat voor die kuslyn dein
en bruisend oor die skulpiesand breek
spoel liefde ook oor die hart"

Waar hy nooit was

Martin Labuschagne Poësie 2025-05-29

"’n vel verhongerd
smekend na wye palms"

Spoke

Von Villon Poësie 2025-05-29

"ongesiene silhoeëtte
swalk in en uit gedagte
spoel oor dowwe spasies
in gapings en leë plekke"

Ek wens

Willem de Swyger Poësie 2025-05-29

"met oë wat steeds heel is
met harte wat onskuld ken
en onbewus bewus is"

Die blou berge

Willem de Swyger Poësie 2025-05-22

"die blou berge
is my broers."

Ou volk

Von Villon Poësie 2025-05-22

"bo grasveld 
in skemerlig verdronke 
verflou die skrille soebat
van die sonbesie"

Die lig het verdwaal

Martin Labuschagne Poësie 2025-05-22

"in die verwronge wydte
tussen
die Suide
en
die Noorde –"

Welgevonden revisited

Iván Kovács New writing 2025-05-22

"For Henry each day is an initiation,
a new door to a mystery,
the grandeur of the Silbersteins
and Welgevonden’s history."

Roerloos

Morné du Preez Poësie 2025-05-22

"want soos jy in die môrestond bloei
skryf ek drome in die donkerte"

Ma is, Ma is

Celesté Fritze Poësie 2025-05-15

"Die voëls kondig immer die daeraad aan:
Kyk liggaam, die dag het gebreek."

My ewige geskenk

Marentia Kotze Poësie 2025-05-15

"Dan hoor ek jou voetstappe
weergalm in my siel
en ek weet jy’s hier."

Asem

Jeanne Henning Els Poësie 2025-05-15

"hier leun my rug teen jou naam op die plaatjie."

Top