
Foto: Canva
Ons kiekies
Ons kiekies lê vergeel
in ’n geblomde koekblik
versteek van motlarwe
se gulsige bekke
en vir ewig gebeitel
in die omhelsing
van verslete koevertjies
in die afwesigheid
van trompetgeskal
of aankondiging
waar die ewigheid
in stilswye heers
tyd vasgevang lê
tussen gister en nou
en liefde nooit weer
hoef te smeek nie


Kommentaar
Beautifully written.