
Foto: Canva
Stilte
waar tarentale
teen sonsondergang
in die populierbome kwetter
en ’n vis uit die
helder water van
’n bergstroom spring
waar ’n uil
in die nag sy
vlerke klap en
die donker in vlieg
gee my daardie stilte
sodat
wanneer die houe
reën en die vrou in die
huis langsaan om genade roep
ek haar sal kan hoor

