Vrede

  • 3

Foto: Canva

Vrede

vrede is nie altyd ver nie;
lê nie altyd tussen woude of woestyne
of op oop velde nie.
vrede kom nie voor in syfers
of simbole, 
of selfs vriendelike hand-
gebare nie.

vrede is ook in jou mond;
is die verband 
tussen die gesig en die lyf.
is nie haastig vir platvee
of om te verneder nie.
dit spreek seëntaal,
is minder brutaal.

vrede is die hand
onder jou ken of die stem
in jou oor wat sê:
“broeder, ek het jou.”
vrede is om te weet
daar is altyd ’n uitweg.

  • 3

Kommentaar

  • Leona Conradie

    Wat is 'n gedig as dit nie met jou spreek nie? Dankie vir die woorde wat jy in my gemoed plaas met hierdie gedig, Chestlyn!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top