
Foto: Canva
Die Son, die Maan, die Sterre
vir Piet van Wyk de Vries (1972–2023)
ek kyk,
ek luister:
die Son sing strale
deur die herfstakke,
op die maat van die Maan
wat die snare van boomkruine
streel,
en in die verte,
aan die hemelruim se wand,
knipoog
die stille Sterre
’n kosmiese koor:
ek weet
dit is
jy
wat
vir oulaas
vir ons,
vir my,
’n liedjie
sing


Kommentaar
Eens op 'n tyd my beste vriend...