Opperwese

  • 0

Foto: Canva

Opperwese

in die lyne van die veld
kronkel kontoere van ʼn lewenspad
en daarin is U te belese
: argitektoniese
geritsel in die loof van bome
op die maat van stilte se musiek
– onhoorbaar
maar tog daar
vorm U my siel geometries
om U orals
te bereken

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top