Pretoria

  • 5

Foto: Canva

Pretoria

Daar is ’n oomblik tussen lig en donker
Wanneer swael en vlermuis sonsondergang
deel. Wanneer hadeda huiswaarts roep.

Daar is pienk-oranje vasgevang in grys
Vroeg in Maart wanneer die buurtbrakke
Gesels oor die dag se ditjies en datjies.

Daar is ’n gekriek en gekwaak in die voortuin,
iewers ’n toeter wat blaas. Die laaste goue uur
sak oor die stad in gemengde kleure sonder name.

Daar is ’n buurvrou langsaan wat ’n lantern
aansteek, en ’n buurman wat vroeg beginne braai
want load shedding ... En die Spur is weer vol.

Daar is ’n kamer gevul met skemerstiltes
die silhoeët van woorde op papier en
’n vrou in vensterraam afgeëts.

  • 5

Kommentaar

  • Loadshedding mooi saam gevat in die gedig. Mens kan maar jou oë sluit en die vol Spur, asook die reuk van braaivleisvure beleef.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top