Droomverlore

  • 2

Foto: Canva

Droomverlore

skilder vir my jou mooiste droom
tussen die sandduin en die branders se soom
kom sit hier langs my
waar ek my kop kan neerlê op jou skoot
laat jou lag vlinder sag val
sonder woorde vir my om te hoor
fluister my naam met elke hartklop se klop
laat jou oë en hande verdwaal
wanneer hul oor die paaie van my lyf loop
in sonsak se goue glans
vang die oomblik vas in jou liefdesjas
en onder die sterre en maan
laat my toe dat ek myself
in jou hunkering kan vergeet

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top