
Foto: Canva
Ek soek skuiling
tussen hemelhoë berge
vind ek stilte en vrede
soek ek skuiling vir my trane
wanneer hartseer my siel beklee
kloppend aan my hart se deur
vind ek slegs flenterstukke
wat fladder teen my brose siel
deur trane versper die panorama
wie kan nog my hulpgeroep hoor
wanneer my gebede vlug na die Vader
wat my nederige trane kom afvee
oor jarelange onverdiende seer
in my donkerste uur
kniel ek op Heilige grond
kyk hoopvol na bowe
en weet ...
God sal my ewig teen sy hart vashou
Kommentaar
Hierdie woorde praat met my. Uitstekend.