Pienk is nie 'n kallir nie

  • 1

Foto: Canva

Pienk is nie ’n kallir nie

Ek is tog nie oor pienk nie;
pienk is nie vir my ’n kallir nie,
maar meer soos ’n steitmint.
Iets wat sê: Kyk vir my, ek is ook hier!

Pienk is te sag en te voorbeeldig
en dit like vreeslik van aandag trek.
Dit is soos die helfte van ’n grap
of ’n verandering in bedoeling.

Ek is glad niks soos pienk nie;
meer soos die blou van die hemel.
Hulle sê soms blou is gans te vervelig
of dat dit niks het om te doen nie.

Maar blou like graag van orde
en dit like ook nie ongemaklik wees nie.
Blou is rustig by ’n paartie,
maar ook net tot die wyn inskop.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top