Ilium
so verdoem
tot ons lot
die slagoffers van
’n Griekse god
wrede wraak
wat jare duur
Trojane speel nou God
ons veg vir volk en vaderland
en Hera se genot
soos vroue ween
en kinders wag
vir ons om tuis te vaar
kwyn ons hoop dat Ilium
ook vrede
kan verdra
Kommentaar
Skerp verwysing na Suid-Afrika.