Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Sondagskool
2024-02-07"sondag na sondag
het ons kriewelrig gesit
party gesels en rumoer
ons het
aanmekaar rondgeskuif."
Die leeu
2024-02-07"sy stywe skrede het die oerregie se ritme van ’n koning
wat aanstryk oor inkleding van polle gras met volle selfvertroue"
Sitadel van verkwikking
2024-02-07"ons stryd knars buitekant
in my hart en gedagtes
word vrede bewaak"
Eensaamheid
2024-01-31"Die eensaamheid hang soos ’n kleed oor haar skouers …
Sy trek die kleed oor haar kop en verdwyn … laer as die grond, onder die vloerplanke in."
Vir Mammie
2024-01-24"Sit solank op die stoep en bekyk die maan.
Ek’s amper daar.
Nou ja, soos Ma altyd sê:
Laat dit goed gaan."
Dit staan mos geskrywe
2024-01-24"Hoe sien ek uit daarna
’n Liggaam sonder skete, foute of vlekke."
Die hark
2024-01-24"Die haasbekkie-spoortjies van die hark lê netjies in
Sirkels al op die werf, verby die hoenderhok tot onder die
Ou eikeboom."
"birdsmoke": ’n gedig
2024-01-17Met hierdie gedig lewer Breyten Breytenbach kommentaar op ’n onlangse gedig deur Benno Barnard op LitNet, soos ook vertaal deur Daniel Hugo.
Sigaret
2024-01-17"Na al die jare is jy ’n noodsaaklike euwel vir my
geslagte en geslagte onthou jou
Sommige met wrewel, ander met verlangende nostalgie"
Protection needed
2024-01-17"Somewhere a mother lifts
a hand to shade her eyes to look and
look again
down the long dusty street
for a son that will never
arrive again."
Vogelgedichten / Voëlgedigte deur Benno Barnard, vertaal deur Daniel Hugo
2024-01-15Hierdie gedigte is nog nooit voorheen gepubliseer nie. Dis Benno Barnard se eie werk en verskyn met sy toestemming. Daniel Hugo het die gedigte vertaal en sy vertalings verskyn ook met Barnard se toestemming op LitNet.
AC/DC
2024-01-11"Ek sit knusgeborge in die kakofoniese ekstase
Daar is ’n soet metaalsmaak in my mond
amper soos ’n wine gum"
Kaalvoet
2023-12-21"Val in hierdie wêreld in en woel
jou kaal klein tone in die rooi
grond in en hardloop oor die kielie
van die dounat gras"
