
Foto: Canva
Oordele
ek het nog nie vergeet
die dou het blinkoog geklou
waaraan ek indiepte nog onthou
daardie dag toe die plaashek sluit
agter jare se woorde en leed
met elke kilometer se reis
het die reuk van droogte en spoke
bly hang in die laaste oomblikke
tussen ontwykende oë en ’n naambord
die grondpad wat weswaarts wys
die winde het ons beroof van dialoog
wysvingers het donderbuie aangedui
nou is dit net die dou wat blinkoog rou


Kommentaar
Baie mooi Marius, so sluit ons hekke toe, ander gaan weer oop, hoop kom soms padlangs.
Baie mooi uitgebeeld, daardie dieper seer,verlang en berusting wat mens as kind het, om net te doen wat gedoen moet word, dan die terugkyk wat altyd seer is. Mooi, Marius, jy doen dit weer.