Oordele

  • 2

Foto: Canva

Oordele

ek het nog nie vergeet
die dou het blinkoog geklou
waaraan ek indiepte nog onthou
daardie dag toe die plaashek sluit
agter jare se woorde en leed

met elke kilometer se reis
het die reuk van droogte en spoke
bly hang in die laaste oomblikke
tussen ontwykende oë en ’n naambord
die grondpad wat weswaarts wys

die winde het ons beroof van dialoog
wysvingers het donderbuie aangedui
nou is dit net die dou wat blinkoog rou

  • 2

Kommentaar

  • Johan van der Merwe

    Baie mooi Marius, so sluit ons hekke toe, ander gaan weer oop, hoop kom soms padlangs.

  • Johan van der Merwe

    Baie mooi uitgebeeld, daardie dieper seer,verlang en berusting wat mens as kind het, om net te doen wat gedoen moet word, dan die terugkyk wat altyd seer is. Mooi, Marius, jy doen dit weer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top